FINE MUSIC RADIO: CAPE DAIRY MONDAY 04 JULY 2011 Reviewer: Ruth Allsopp:
Review of “Macbeth” by William Shakespeare, directed by Clifford Graham with co-direction by Brenda Gray for the Claremont Dramatic Society; 1-9 July 2011 at the Masque Theatre, Muizenberg.Reviewer: Ruth Allsopp Airtime:
The Claremont Dramatic Society is to be congratulated on its boldness in producing William Shakespeare’s tragedy “Macbeth”. It opened at the Masque Theatre, Muizenberg, on Friday 1 July with Clifford Graham as director (he also plays the lead role, Macbeth) and with Brenda Gray assisting as co-director.
Graham has a clear vision of his interpretation of this great tragedy - he places it in modern times, highlighting the universality and timelessness of its themes. On occasion one was visually reminded of TV news snippets from Afghanistan and the Middle East. In this drama we have ambition, lust for power, greed, betrayal, tyranny, murder, war and the killing of the innocents. All too familiar!
The production is loaded with symbolism and the use of modern techniques, yet never loses the storyline which grips and holds the audience. But, under the weight of its universality, the term ‘The Scottish Play’ hardly refers.
The staging is stark and effective - two classical pillars and pediment stand centre back and are draped and moved from angle to angle. Platforms give a variety of levels, and large representations of dice act as stools and also convey the idea of Fate and Chance, as does the roulette wheel painted on the stage floor. Vivienne Gray is the creative designer here.
The lighting is superb; often it metamorphoses the panarama and columns into a Surrealistic picture. The sound is complex - there are cracks of thunder, the sinister beating of helicopter blades and the heartbeat of drums. The music (selected by Graham) is fascinating and superbly reproduced and placed. There are snatches from a modern Latin Mass, Celtic and Scottish touches and, above all, a Middle Eastern ‘feel’. Often the effect is chilling. All this strengthens the universality of the director’s vision.
Costumes are modern - the men are mainly in camouflage uniform and in the final scenes carry up-to-date weaponry. Lady Macbeth first appears in a business-style outfit; the young son of Macduff wears a tracksuit as he texts on a cellphone.
Gary Fargher (lighting design), director Graham himself (sound design) and Alison King (costumes), with their assistants, are to be congratulated on their conception and its realisation.
Graham as Macbeth was at his most effective in his later scenes when he verged on desperate hysteria. In earlier scenes I would have liked more richness of voice and an impression of military sturdiness. But overall a good interpretation of this classic role.
Michele Belknap’s Lady Macbeth was utterly convincing - as a wife ambitious for her husband, gearing herself up to urging him into murder, then watching him wading into slaughter and deliberately distancing himself from her. Finally we see the sleep-walking figure trying to wash the guilt from her hands. She keeps firm control, never going over the top.
It was interesting to see how the role of the three witches seemed to diminish in the modern world of this production. Nevertheless, Su Cunningham, Maridi Jooste and Faeron Wheeler did well, and the spreading of the sheet of Satanic symbols on the ground in the cauldron scene gave a frightening sensation of evil.
Dean Howarth as Malcolm, son of King Duncan, had good moments in his scene at the English court; however he needs to strengthen his voice projection. Sheldon Cross was occasionally a little stiff as Macduff, but his reaction to the news of his wife and children’s murder was sincere and convincing.
Among others in the large cast I noticed: a gentle Banquo (André Thomas); Mike Tompson as King Duncan (here is an actor with a rich voice who can really deliver a Shakespearean line); James Skilton as Angus and Allison Blair as a brisk secretary-like Gentlewoman.
Clifford Graham, Brenda Gray, the cast and crew give us an absorbing and impressive “Macbeth”. I advise all persons interested in theatre to book for the Masque Theatre presentation of this play. It runs on Thursday, Friday and Saturday of this week at the Masque Theatre, Muizenberg; weeknights at 20 00, Saturday at 14 30 and 18 30. Book through Masque Theatre bookings.
**(My Afrikaans is a bit rusty so if anyone can help me out below, that would be awesome... I just want to know if he liked the witches)**
MACBETH
deur William Shakespeare
Met Clifford Graham, André Thomas, Michele Belknap, Sheldon Cross, Nigel Sweet en talle ander.
Regie: Clifford Graham, bygestaan deur Brenda Gray.
Claremont Dramatic Society in The Masque, Hoofweg, Muizenberg. Tot 9 Julie.
Deur Danie Botha
Dit trek dadelik die aandag: ’n amateurtoneelvereniging wat ’n Shakespeare-werk aanpak. Dit gebeur maar min. Deur die eeue het skole weliswaar dit dikwels gedoen as prestige en as iets opvoedkundigs. Hier het ons te doen met ’n sterk vereniging vir volwassenes. ’n Hele aantal ervarenes is ook betrek.
Die opvoering begin met ’n langsame toneel. ’n Mens wonder in watter Shakespeare jy jou bevind, en of jy dalk terug is by The Crucible se Salem-heksies in die woud. Die regisseurs doof as ’t ware die spel in. Hulle wil seker maak dat die gehoor snap dat dit Julie 2011 op die verhoog is. Hulle toon dat drie hekse (Su Cunningham, Maridi Jooste en Faeron Wheeler) van hier en nou is. Hulle is die probleemmeisies van die buurt wat nie tuithoede en afsigtige tande nodig het om te wys hulle is betrokke by die bonatuurlike nie. Na dié voorspellingstoneel “verdwyn” hulle so alledaags van die verhoog. Kon beligting nie gehelp het vir meer skouspel nie?
Tipies met so ’n modernisering bewonder jy die regisseurs se ingewings, maar die volgende oomblik skort dit jou inlewing op. Want jy onthou die teks en vorige opvoerings en jou aandag is by ’n vergelyking en ’n opweeg of dit werk of nie. Later hoor jy byvoorbeeld die so bekende “Double, double toil and trouble; /Fire, burn; and, caldron, bubble”, maar jy sien ’n doek met allerlei simbole waaromheen die dames ritualisties beweeg. Nietemin, die drie dames en ook Megan Carter as hulle koningin Hecate laat heeltemal reg geskied aan die regiekonsep. Dis iets vir manne wat van “Gotiese” dames hou.
Met die oorplasing van die historiese militêre na die moderne is dit makliker: Gee vir koning Duncan (Mike Tompson) ’n lang jas wat hy oor sy skouers drapeer soos van die staatsmanne by Jalta tydens die Tweede Wêreldoorlog dit gedoen het, en klee die militêres in kamoefleerdrag. Maar jy sien natuurlik nie die swaarde waarvan jy hoor nie.
Ek moes glimlag oor twee moderniserings. Die seun van Macduff (Matthew Sellier) speel koeltjies met ’n selfoon terwyl sy alte jonge ma (Jane Skilton) oor sy pa se vlug met die o so betroubare Ross ( James Skilton) praat. (Gewoonlik word hierdie seun as heelwat jonger voorgestel om die daaropvolgende moord van die “babes” soveel skokkender te maak, maar gegewe sy teks was die regisseurs wys om hom ouer te maak. Sellier speel met selfvertroue en duidelike spraak.) Dan aan die slot waar Macbeth ( Clifford Graham) se kop opgedra word, word ons ’n onoortuigendheid gespaar en wys die manne ’n kuberfoto daarvan vir mekaar.
In so ’n modernisering raak die vertolkings van die twee hoofrolspelers vir my gewoon, sonder ‘n soort allure. Michele Belknap as Lady Macbeth lyk so alledaags met haar moderne klere. Aanvanklik het sy ‘n knersend-dreigende klank in haar stem. Dit hou te lank aan, oorbeklemtoon haar boosheid. ’n Normaler spraakklank sou ’n mens meer verras het as jy die eintlike betekenis agterkom. Meteens het iets anders my ook gepla: Sy en van die ander rig hulle alleensprake direk tot die gehoor. Dis asof sy die gehoor toespreek. Skielik wonder ek wat die gebruiklike is. Shakespeare-kenner Peter Ackroyd onderskei wel tussen die soorte spraakbeurte. In Shakespeare se tyd het die speler op ’n kenmerkende manier gestaan of gesit om oor te sein dat die alleenspraak op eie houtjie dink weergee.
Clifford Graham se modern Macbeth is aanvanklik ook nie juis imponerend nie, maar gaandeweg kry hy meer gesag. Veral teleurstellend was sy vertolking van daardie hemelse poësie net nadat Macbeth gehoor het van Lady Macbeth se dood. Hy het ingestorm in die woorde. ‘n Mens het huiwering verwag. Kritici sê dat Shakespeare daar vir Macbeth kans gee om sy emosies te verwerk. In dié “To-morrow, and to-morrow, and to-morrow”-gedeelte kan die subteks tog wonderbaarlik uitgelig word.
Hierdie injaag is deel van die algemene tempo van die opvoering: ’n sekere driftigheid, want, ja, dit gaan om misdaad, om “boosheyt dubbel boos” wat elke oomblik kan toeslaan. Die donderende byklanke, die (vir my) eklektiese musiekkeuse en die skerp beligting dra baie daartoe by. Waarmee ’n mens nie noodwendig ’n probleem hoef te hê nie. Maar dan behoort daar groter tegniese afronding te wees. Die byklank van die skare het byvoorbeeld geklink asof daar ’n lassery was en ons weer by die begin is. En talle van die eerste woorde in ’n toneel was onhoorbaar omdat die musiek te hard was, of die spelers dalk te gou begin praat het. Soms is die musiek te duidelik te skielik afgeskakel. Die stel het my verwar en die simboliek van ’n antiekerige pilaar en dobbelsteen-ontwerp op die bankies was verlore op my.
Maar een toneel het my baie beïndruk. Bedryf vier, die toneel tussen Malcolm (Dean Howarth) en Macduff (Sheldon Cross) wat jonk en met helder stemme en duidelike liggaamstaal die regeringstoestand passievol bespreek. Dis opwindend: Elke tweede, derde spreekbeurt is ontsettend van toepassing op die diktatorstryd van die afgelope paar maande in die Arabiese lande, met die vreesgedagtes: waar kan geweld volgende uitbars? ’n Mens kan Shakespeare se woorde as opskrifte gebruik by nuusberigte. Die toneel stu voort tot waar Ross die nuus oordra van die moorde en Malcolm vir Macduff ondersteun. “The night is long that never finds the day.” Die modernisering help sekerlik om hierdie toneel so sterk te maak.
‘n Mens kan jou voorstel hoeveel werk hierdie produksie met amateurs geverg het. ‘n Groot getal lede het verhoogondervinding gekry. Maar as ’n lid van die gehoor moet ek maar erken ek is nie baie ontroer nie.